Skip to content

Krieket: Kenners meen Australië is gunsteling om eindstryd van Wêreldtoetskampioenskap teen Suid-Afrika te wen

# Krieket: Kenners plaas hulle geld op die verdedigende kampioen, Australia, om Suid-Afrika te klop in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap wat môre op Lord’s in Londen begin. Albei spanne het maande laas toetskrieket gespeel, maar ‘n gewese kaptein van Engeland, Michael Vaughan, het vroeër gesê die Proteas het die eindstryd gehaal deur omtrent niemand te klop nie terwyl Australië teen baie sterker spanne gespeel het. Kagiso Rabada sal Suid-Afrika se naatboul-aanval lei. Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, beskryf dit as die belangrikste wedstryd in die span se bestaan.