# Krieket: Die veelsydige Protea-speler Marizanne Kapp glo hulle beste lê nog voor terwyl hulle steeds ‘n kans het om die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi te haal. Suid-Afrika het Sondag ʼn broodnodige oorwinning met ses paaltjies oor Indië behaal nadat hulle hul openingswedstryd teen Australië met 65 lopies verloor het. Hulle het Pakistan wel daarna naelskraaps gewen. Die Proteas moet groot oorwinnings oor Nederland en Bangladesj behaal om hul netto-lopiekoers te verbeter indien Indië ook hul oorblywende wedstryde wen. Kapp sê hulle sal alles moet uithaal.
Krieket: Kapp sê die span se beste lê nog voor in die T20-Wêreldbekertoernooi