# Krieket: Die veelsydige veteraan Marizanne Kapp sê die Protea-vrouespan moet nie slegs op kaptein Laura Wolvaardt se puik spel staatmaak in die T20-Wêreldbekertoernooi wat môre in Engeland en Wallis begin nie. Sy sê die res van die spelers moet ook hulle kant bring sodat hulle die toernooi kan wen nadat hulle drie vorige Wêreldbeker-eindstryde verloor het. Wolvaardt is op haar beste en het ‘n honderdtal en drie vyftigtalle in die onlangse T20-reeksoorwinning oor Indië aangeteken. Suid-Afrika begin hul Wêreldbeker-veldtog Saterdag teen die gevaarlike Australië.
Krieket: Kapp sê die Protea-vroue kan nie net op Wolvaardt staatmaak in die T20-Wêreldbeker nie