Skip to content

Krieket: Kapp en Brits troef Pakistan in die Protea-vroue se eerste eendagwedstryd

# Krieket: Die Protea-vroue het Pakistan met agt paaltjies verslaan in hul eerste eendagwedstryd in Lahore. Sidra Amin het ‘n onoorwonne honderdtal aangeteken en die gasvroue het 255 vir vier in hul 50 boulbeurte aangeteken. Marizanne Kapp en Tazmin Brits het daarna honderdtalle aangeteken en ‘n ononderbroke vennootskap van 216 om die derde paaltjie gedeel en die besoekers het die teiken behaal met tien balle oor. Die tweede van die drie kragmetings vind Vrydag plaas.