Skip to content

Krieket: Kagiso Rabada verlaat IPL weens persoonlike redes en is terug in Suid-Afrika

# Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada het die Gujarat Titans in Indië verlaat en keer weens persoonlike redes na Suid-Afrika terug. Die 28-jarige Rabada het in die Titans se eerste twee wedstryde in die Indiese Premierliga gespeel. Hy het een paaltjie vir 41 lopies platgetrek om Punjab Kings te verslaan en een vir 42 lopies in die oorwinning oor Mumbai Indians. Hy was Woensdag afwesig in die Titans se derde wedstryd teen Royal Challengers Bengaluru. Dis nie bekend wanneer hy terugkeer nie.