Skip to content

Krieket: Jos Buttler lei Gujarat Titans na oortuigende sege oor RCB

# Krieket: Die snelbouler Mohammad Siraj en kolwer Jos Buttler het geskitter in die Gujarat Titans se oorwinning met agt paaltjies teen die Royal Challengers Bengaluru in die Indiese Premierliga. Liam Livingstone se 54 het RCB gehelp om 169 vir agt op die telbord te plaas, met Siraj wat drie paaltjies platgetrek het. In antwoord behaal Buttler ʼn onoorwonne 73 van 39 balle en die Titans bereik die doelwit met 13 balle oor. Die twee spanne is nou gesamentlik derde op die punteleer met twee oorwinnings en een nederlaag elk uit hul drie wedstryde.