Skip to content

Krieket: Johan Botha van SA bedank as afrigter van Queensland Bulls en Brisbane Heat

# Krieket: Die voormalige Suid-Afrikaanse witbalkaptein Johan Botha het bedank as afrigter van Queensland Bulls en Brisbane Heat in Australië, ‘n jaar voor die verstryking van sy kontrak. Hy het albei spanne die afgelope twee jaar afgerig. Onder sy leiding het Heat vir twee agtereenvolgende seisoene nie die Big Bash-liga se eindrondes gehaal nie, terwyl Queensland in sy eerste jaar die eindstryd van die Sheffield-skild bereik het. Die uitvoerende hoof van Queensland Krieket, Terry Svenson, sê Botha het ‘n stewige bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die volgende geslag spelers.