# Krieket: Die Indiese kolwer Shreyas Iyer is in die hospitaal nadat hy verlede week sy milt geskeur het tydens ‘n vangskoot in Sydney teen Australië. Hy het ‘n besering aan sy linker-ribbekas opgedoen terwyl hy agteruit gehardloop het om Alex Carey uit te vang. Dit was een van die belangrike oomblikke in die derde eendag-wedstryd wat Indië met nege paaltjies gewen het. Indië het egter die reeks 1-2 verloor nadat Australië die eerste twee kragmetings in Perth en Adelaide gewen het.
Krieket: Iyer in hospitaal met geskeurde milt na vangskoot