# Krieket: Die hoofafrigter van die Protea-vroue, Mandla Mashimbuyi, sê die veteraan Shabnim Ismail is weer in die groep omdat hulle haar X-faktor nodig het vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat volgende maand in Engeland en Wallis begin. Die 37-jarige is ingesluit in die groep van 15 nadat sy haar uittrede omgekeer het. Mashimbuyi sê hy het Ismail genader na verlede jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië omdat hy Suid-Afrika se lustelose boulaanval wou versterk. Haar terugkeer word beskryf as die Proteas se beste kans om ‘n ontwykende Wêreldbeker-titel in te palm.
Krieket: Ismail terug in groep om Protea-vroue se boulaanval vir Wêreldbeker te versterk