# Krieket: Die Indiese Premierliga hervat vandag ná ’n weeklange uitstel, met nog 18 wedstryde oor in die seisoen. Royal Challengers Bengaluru, wat tans tweede op die punteleer is, verwelkom vandag die sesde-geplaasde Kolkata Knight Riders. In môre se dubbelwedstryd speel Rajasthan Royals teen Punjab Kings in Jaipur, en Delhi Capitals, versterk deur die Suid-Afrikaners Faf du Plessis en Tristan Stubbs, verwelkom Gujarat Titans. Die eindstryd is uitgestel na die derde van volgende maand, met die uitspeelrondes wat die 29ste van hierdie maand begin.
Krieket: IPL hervat vandag na weeklange uitstel