# Krieket: Die Internasionale Kriekeraad het die Engelse span se kaptein Ben Stokes se versoek verwerp vir die hersiening van strafpunte wat opgelê word indien boulbeurtkoerse nie behaal word nie. Dit volg nadat Engeland en Nieu-Seeland verlede Desember in Christchurch met drie Wêreldtoetskampioenskap-punte gestraf is en al hulle spelers 15-persent van hulle wedstrydfooie moes inboet. Die IKR se raad het die bestaande reëls behou wat boetes en punte-aftrekkings op spanne oplê wat nie teen ‘n gemiddelde van 15 boulbeurte per uur in die Wêreldtoetskampioenskap in Junie boul nie.
Krieket: Internasionale Krieketraad verwerp versoek vir hersiening van strafpunte in toetse