Skip to content

Krieket: Indiese Premierliga nader uitspeelfase met eindstryd op 3 Junie in Ahmedabad

# Krieket: Die laaste groepswedstryd van die Indiese Premierliga word Dinsdag gespeel. Die eerste vier spanne gaan dan deur na die uitklopronde, wat volgende Donderdag begin met die eerste kwalifiseerder tussen die voorste twee spanne. Die wenner dring regstreeks deur na die eindstryd op 3 Junie. Die verloorder wag op die wenner van die elimineerder om te bepaal wie die ander span in die eindstryd sal wees. Die eerste kwalifiseerder en die elimineerder word in Mullanpur gespeel, en Ahmedabad sal die tweede kwalifiseerder en die eindstryd aanbied.