# Krieket: Die eindstryd van die Indiese Premierliga sal nie meer aan die einde van die maand in Bengaluru gespeel word nie. Die wedstryd is weens operasionele en logistieke probleme na Ahmedabad verskuif. Royal Challengers Bengaluru se oorwinningsvieringe het verlede jaar tot die dood van 11 mense gelei tydens ‘n stormloop buite die Chinnaswamy-stadion, waarna die plaaslike regering veiligheidsreëlings hersien het voordat hulle IPL-wedstryde hierdie seisoen daar toegelaat het. Die beheerliggaam, BCCI, sê hulle kon nie aan al die vereistes voldoen nie en is gedwing om die eindstryd te verskuif.
Krieket: Indiese Premierliga-eindstryd van Bengaluru na Ahmedabad verskuif