Skip to content

Krieket: Indiese draaibouler Ashwin kondig einde van sy IPL-loopbaan aan

# Krieket: Die Indiese draaibouler Ravichandran Ashwin het sy uittrede uit die Indiese Premierliga aangekondig, maar sê hy is dalk steeds vir ander franchise-kompetisies beskikbaar. Die 38-jarige sê hy gaan onmiddellik ander moontlikhede ondersoek. Ashwin het die eerste van sy 221 IPL-wedstryde vir Chennai Super Kings gespeel en ook vir Rising Pune Supergiants, Delhi Capitals, Rajasthan Royals en Kings Eleven Punjab verteenwoordig voor hy na CSK teruggekeer het. Sy 187 IPL-paaltjies is die vyfde meeste in die liga. Ashwin het verlede jaar uit internasionale krieket getree.