Skip to content

Krieket: Indië wil Wes-Indiese span in tuisreeks vernietig op draaier-vriendelike kolfblaaie

# Krieket: Die kaptein van Indië, Shubman Gill, sê sy span beplan om sy teenstanders te vernietig op draaier-vriendelike kolfblaaie. Hulle begin hulle tuisseisoen met twee wedstryde teen die Wes-Indiese Eilande. Die eerste toets begin Donderdag (teen 6vm SA-tyd) in Ahmedabad op die wêreld se grootste krieketstadion. Die jong Indiese span het belofte getoon teen Engeland en gelykop geeïndig in die reeks van vyf toetse. Dit was Gill se eerste reeks as kaptain, en die eerste sonder die ster-spelers, Virat Kohli, Rohit Sharma en Ravichandran Ashwin, wat uitgetree het.