# Krieket: Indië het hul Vroue-wêreldbekerveldtog in Guwahati op ʼn wen-noot begin en Sri Lanka met 59 lopies verslaan. Deepti Sharma en Amanjot Kaur se vennootskap van 103 lopies om die sewende paaltjie waar albei vyftigtalle behaal het, het die gasvroue se telling na 47 boulbeurte op 269 vir agt gebring. Drie boulbeurte het weens reën verlore gegaan. Inoka Ranaweera het as bouler geskitter en vier paaltjies platgetrek. In antwoord daarop is Sri Lanka se teiken aangepas tot 271, maar hulle is in die 46ste boulbeurt vir 211 uitgeknikker.
Krieket: Indië verslaan Sri Lanka in eerste Vroue-wêreldbekerwedstryd