Skip to content

Krieket: Indië verslaan Engeland in ‘n naelbyt-vyfde toets om die reeks gelykop te laat eindig

# Krieket: Indië het ʼn naelbyt-oorwinning oor Engeland behaal in die vyfde toets om die reeks gelykop te laat eindig met 2-elk. Die gashere het op die laaste oggend net 35-lopies benodig maar met net vier paaltjies oor op die Oval in London. Indië het binne ‘n uur met ses lopies gewen, maar nie voordat die Engelse bouler, Chris Woakes met sy arm in ʼn verband opgestap het nie. Gus Atkinson het dit reggekry om hom teen die boulers te beskerm, maar is uiteindelik uitgeboul. Mohammed Siraj het vyf paaltjies geneem