# Krieket: Indië moet ‘n moeilike besluit neem voor die voorlaaste toets teen Engeland môre op Old Trafford begin. Die besoekers loop 1-2 agter en moet besluit of hulle die wêreld se beste toetsbouler gaan insluit. Jasprit Bumrah sukkel met ‘n rugbesering en daar is vooraf besluit hy sal slegs in drie toetse speel. Hy het reeds twee gespeel, maar met die reeks in die weegskaal, is dit ‘n waagstuk om hom in die vierde toets in te sluit of te hou vir ‘n moontlike beslissende vyfde toets.
Krieket: Indië moet besluit of Bumrah in vierde of vyfde toets teen Engeland speel