Skip to content

Krieket: Indië klop Suid-Afrika om eerste Vroue Eendag-Wêreldbeker-trofee te wen

# Krieket: Indië het Suid-Afrika met 52 lopies verslaan om hul eerste Vroue Eendag-Wêreldbeker-trofee in Mumbai te verower. Openingskolwer Shafali Verma het 87 lopies van 78 balle aangeteken terwyl die mede-gasvroue 298 vir sewe aangeteken het, die tweede hoogste telling in ‘n eindstryd. In antwoord hierop het kaptein Laura Wolvaardt ‘n indrukwekkende 101 van 98 balle aangeteken, maar dit was nie genoeg nie, want Suid-Afrika is vir 246 uitgeboul. Deepti Sharma het vyf paaltjies geneem. Indië is slegs die vierde span wat die Eendag-Wêreldbeker wen, en sluit aan by Engeland, Australië en Nieu-Seeland.