Skip to content

Krieket: Indië klop Pakistan vir ‘n 100% begin by die Vrouewêreldbeker

# Krieket: Indië het ook haar tweede wedstryd in die Wêreldbekertoernooi vir vroue gewen. Die mede-gasvrou het Pakistan met 88 lopies verpletter in Colombo. Harleen Deol het 46 aangeteken en Richa Ghosh ‘n onoorwonne 35, en Indië is uitgeboul vir 247. Sidra Amin se 81 van 105 balle was daarna nie genoeg nie. Kranti Goud en Deepti Sharma het albei drie paaltjies platgetrek om Pakistan uit te boul vir 159 in hulle 43ste boulbeurt. Indië het hiermee sy wen-rekord oor Pakistan tot 12-0 verbeter.