# Krieket: Indië jaag ‘n wenteiken van 265 in die eerste Kampioenetrofee-halfeindstryd in Doebai. Australië was in die laaste boulbeurt almal uit vir 264 met kaptein Steve Smith wat 73 aangeteken het, terwyl Alex Carey 61 bygedra het en Travis Head 39. Mohammed Shami het drie paaltjies laat kantel. Die wenner speel in Sondag se eindstryd teen Suid-Afrika of Nieu-Seeland. Die tweede halfeindstryd word môre in Lahore, Pakistan beslis.
Krieket: Indië jaag wenteiken van 265 in eerste Kampioenetrofee-halfeindstryd teen Australië