Skip to content

Krieket: Indië beskuldig van bevoordeling omdat al sy Kampioenetrofee-wedstryde in Doebai plaasvind

# Krieket: Gewese spelers en kommentators glo Indië het ‘n besliste voordeel omdat hy toegelaat word om al sy Kampioenetrofee-wedstryde in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate te speel. Dit gebeur terwyl die ander sewe deelnemers moet reis tussen drie stede in die gasheerland, Pakistan, sowel as die VAE. Indië weier om in Pakistan te speel weens die jarelange politieke spanning tussen die buurlande. Die gewese Engelse speler en kommentator Jonathan Agnew sê dit maak ‘n klug van toernooie.