# Krieket: Die voormalige Australiese kolwer Mike Hussey gaan as raadgewende afrigter vir sy land optree tydens die komende reeks om die As teen Engeland en ook volgende jaar se eendag-Wêreldbeker. Die 51-jarige is genader ná Australië se gesukkel met die kolf in die onlangse reeks in Suid-Afrika, wat die Proteas met 2-1 gewen het. Hussey sal ook help tydens vandeesmaand se T20-tuisreeks teen Engeland, die toetsreeks teen Nieu-Seeland, die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles en die T20-Wêreldbeker in dieselfde jaar.
Krieket: Hussey opgeroep om te help met Australië se sukkelende kolfwerk na reeksnederlaag teen Proteas