# Krieket: Die Australiese snelbouler Josh Hazlewood is na ‘n besering fiks verklaar vir die eerste toets om die As teen Engeland, maar Sean Abbott is uitgesluit. Hazlewood en Abbott is albei vir mediese skanderings gestuur nadat hulle spierbeserings opgedoen het op die derde dag van Nieu-Suid-Wallis se Sheffieldskild-wedstryd teen Victoria in Sydney. Krieket Australië sê Hazlewood se verrekte spier het genees, maar Abbott sukkel met ‘n matige agterkniesening-besering. Die eerste toets begin volgende Vrydag in Perth.
Krieket: Hazlewood fiks vir eerste toets om die As, Abbott nie