# Krieket: Harry Brook van Engeland kan moontlik vir twee jaar uit die Indiese Premierliga geskors word nadat hy aan vanjaar se toernooi onttrek het. Dis die tweede agtereenvolgende jaar dat hy voor die kompetisie onttrek. Die 26-jarige Brook het verlede jaar ʼn kontrak met Delhi Capitals onderteken, maar sê hy het tyd nodig om te herstel ná die besigste tyd van sy loopbaan. Brook is ʼn gunsteling om Jos Buttler as Engeland se witbalkaptein te vervang nadat hulle in die groepfase van die Kampioene-trofee uitgeskakel is.
Krieket: Harry Brook van Engeland kan twee jaar uit IPL geskors word