# Krieket: Harry Brook is Engeland se nuwe witbal-kaptein. Die 26-jarige kolwer volg Jos Buttler op, wat uit die rol bedank het nadat die land nie die groepsfase van die Kampioenetrofee oorleef het nie. Besturende direkteur Rob Key sê Brook was al geruime tyd deel van hul opvolgingsbeplanning. Hy beskryf hom as ‘n uitsonderlike speler met ‘n uitstekende krieketbrein en ‘n duidelike visie vir albei spanne wat sal help om Engeland te lei na oorwinnings in meer reekse, Wêreldbekertoernooie en groot wêreldtoernooie.
Krieket: Harry Brook aangewys as Engeland se nuwe witbal-kaptein na Buttler se vertrek