# Krieket: Die veelsydige Cooper Connolly is ingesluit in Australië se Kampioenetrofee-groep voor môre se halfeindstryd teen Indië. Die 21-jarige vervang die ster-aanvangskolwer Matthew Short, wat die res van die toernooi gaan misloop weens ‘n besering wat hy teen Afganistan opgedoen het. Australië het laas in 2011 se Wêreldbekertoernooi teen Indië verloor in ‘n uitklopwedstryd van die Internasionale Krieketraad. Die twee spanne het laas teen mekaar te staan gekom in 2023 se eendag-Wêreldbekereindstryd, wat Australië met ses paaltjies gewen het.
Krieket: Groot terugslag vir Australië met Matthew Short uit Kampioenetrofee