# Krieket: Mumbai Indians het Chennai Super Kings met nege paaltjies afgeransel in hul kragmeting in die Indiese Premierliga in Wankhede. Chennai het ‘n stewige 175 vir vyf aangeteken danksy ‘n onoorwonne 53 deur Ravindra Jadeja en 50 deur Shivam Dube. Jasprit Bumrah het twee paaltjies geneem. Rohit Sharma en Suryakumar Yadav het daarna met onderskeidelik 76 en 68 gehelp dat Mumbai sy teiken in die 16de boulbeurt bereik met net een paaltjie plat. Mumbai is steeds sesde op die punteleer, en Chennai tiende.
Krieket: Groot IPL-oorwinning vir Mumbai oor Chennai