# Krieket: Die uitvoerende hoof van Krieket Australië, Todd Greenberg, glo toetskrieket moet van beter gehalte wees en het nie meer wedstryde nodig om lewensvatbaar te bly nie. Greenberg het met die viering van die 100-dae tot die begin van die Reeks om die As teen Engeland gesê ‘n korter toetsprogram sal voordelig wees vir kleiner krieketlande want die langste formaat kan hulle geldsake ontwrig. Hy sê die Reeks om die As is reusagtig en winsgewend omdat dit reuse-belangstelling ontlok. Hy beskryf dit as die grootste sportgebeurtenis in Australië vanjaar.
Krieket: Greenberg glo in kwaliteit en nie kwantiteit vir toetskrieket nie