# Krieket: Suid-Afrika se voormalige kaptein, Graeme Smith, sê die uitbreiding van volgende jaar se Een-dag-Wêreldbeker vir mans van 10 na 14 spanne weerspieël voortgesette groei in die internasionale spel. Die toernooi keer ná 24 jaar terug na Afrika met Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië as medegashere. Smith sê die uitbreiding laat meer nasies toe om op die sport se grootste verhoog mee te ding. Hy sê die geesdrif van die drie gasheernasies, die spelers se gehalte en die ondersteuningsbasis verdien beslis ʼn wêreldgeleentheid in die spel.
Krieket: Graeme Smith sê uitbreiding van 2027-Wêreldbeker weerspieël internasionale groei