Skip to content

Krieket: Gewese Engelse kaptein bepleit groter rolle vir plaasvervangers in eerste toetsbeurt

# Krieket: ‘n Gewese kaptein van Engeland, Michael Vaughan, glo plaasvervangers in ‘n eerste toetsbeurt moet toegelaat word om te kolf en te boul en nie net om veldwerk te doen nie. Zimbabwe se voorste naatbouler, Richard Ngarava, is Donderdag beseer nadat hy net nege boulbeurte afgestuur het in die eenmalige toets teen Engeland op Trent Bridge. Dit het daartoe gelei dat die gasheer se voorste drie kolwers almal honderdtalle aangeteken het. Vaughan sê as daar ‘n ernstige besering in die eerste beurt is, is die beperking nadelig vir toeskouers.