Skip to content

Krieket: Faf du Plessis is Delhi Capitals se onderkaptein in IPL

# Krieket: Die gewese Protea-kaptein Faf du Plessis sal Axar Patel se adjunk by Delhi Capitals wees in vanjaar se Indiese Premiersliga. Du Plessis was drie lank Royal Challengers Bengaluru se kaptein tot verlede jaar, maar is nie behou nie. Delhi het hom op die veiling aangekoop vir 4,3-miljoen-rand. Delhi het nog nooit die kompetisie gewen nie. Du Plessis speel al sedert 2012 in die IPL en het reeds vier-duisend-571 lopies aangeteken in 145 wedstryde. Die IPL begin Saterdag wanneer Kolkata Knight Riders gasheer is vir RCB.