Skip to content

Krieket: Engelse, Indiese spelers verbeter op wêreldranglyste na toetsreeks

# Krieket: Baie spelers het hulle posisies op die wêreldranglyste verbeter na die briljante toetsreeks tussen Engeland en Indië. Indië se aanvangskolwer, Yashasvi Jaiswal, is nou vyfde onder die toetskolwers nadat hy 411 lopies aangeteken het, insluitend twee honderdtalle. Mohammed Siraj het 12 plekke verbeter na 15de op die toetsbouler-ranglys en nog ‘n Indiese snelbouler, Prasidh Krishna, 25 plekke tot 59ste. Die Engelse bouler Gus Atkinson is die eerste keer in die top-10 en Josh Tongue het met 14 posisies verbeter tot 46ste. Die reeks het 2-elk geëindig.