Skip to content

Krieket: Engeland sluit by Suid-Afrika en Australië aan in die halfeindronde van die Vroue-Wêreldbeker

# Krieket: Engeland het die mede-gasvrou, Indië, in Indore met vier lopies verslaan en daarmee die derde land geword wat deurdring na die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi vir Vroue. Engeland het die loot gewen, eerste gekolf en 288 vir agt aangeteken, met Heather Knight wat 109 van 91 balle gemoker het. Indië se aanvangskolwer, Smriti Mandhana, het daarna 88 lopies aangeteken, maar Indië het op 284 vir ses geëindig vir hul derde agtereenvolgende nederlaag van die toernooi. Engeland sluit by Suid-Afrika en Australië aan in die halfeindronde.