Skip to content

Krieket: Engeland sal volgende drie eindstryde van Wêreldtoetskampioenskap aanbied

# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het bevestig dat Engeland die gasheer sal wees van die volgende drie eindstryde van die Wêreldtoetskampioenskap in 2027, ’29 en ’31. Die eerste drie eindstryde het almal in Engeland plaasgevind, die jongste verlede maand toe Suid-Afrika Australië op Lords geklop het om as kampioen gekroon te word. Die uitvoerende hoof van die Engelse en Walliese Krieketraad, Richard Gould, sê dis ‘n bewys van die passie wat aanhangers vir die geliefde formaat van die spel het.