Skip to content

Krieket: Engeland in beheer in vierde toets teen Indië

# Krieket: Engeland het met uitskeityd 225 vir twee gehad op die tweede dag van die vierde toets teen Indië op Old Trafford in Manchester. Kaptein Ben Stokes het die eerste keer sedert 2017 vyf paaltjies in ‘n beurt platgetrek en Indië, wat die dag op 264 vir vier hervat het, is uitgeboul vir 358. Die aanvangskolwers Ben Duckett en Zak Crawley het die aanval gelei met ʼn vennootskap van 166 en Engeland beheer gegee. Die gashere loop 2-1 voor in die reeks van vyf kragmetings.