# Krieket: Engeland het 270 lopies nodig op die laaste dag op Trent Bridge om die derde en laaste toets teen Nieu-Seeland te wen en die reeks te beklink. Die gasheer het die eerste toets op Lord’s gewen voor die besoekers teruggeslaan het op die Oval. Die Swartpette het gister hulle tweede beurt op 288 vir nege gesluit na Daryl Mitchell se onoorwonne honderdtal, en aan Engeland ‘n wenteiken van 373 gestel. Engeland het met uitskeityd 103 vir vier bereik nadat Zak Foulkes drie paaltjies geneem het.
Krieket: Engeland benodig 270 lopies om die toetsreeks teen Nieu-Seeland te wen