# Krieket: Die eendagreeks tussen Suid-Afrika en Pakistan word vandag in die laaste wedstryd van die toer in Faisalabad beslis. Die gashere het Dinsdag se eerste ontmoeting met twee paaltjies op die tweede laaste bal gewen. Donderdag het die Proteas egter die bordjies verhang met ‘n oortuigende oorwinning van agt paaltjies in die tweede wedstryd, aangehelp deur aanvangskolwer Quinton de Kock se onoorwonne 123, Tony de Zorzi se onoorwonne 76 en Lhuan-dre Pretorius se 46. Nandré Burger het vier paaltjies geneem. Pakistan het die T20-reeks twee-een gewen nadat die toetsreeks van twee wedstryde gelykop geëindig het.
Krieket: Eendagreeks tussen Proteas en Pakistan vandag beslis