# Krieket: Die Dolphins het ‘n kontrak gesluit met die kolwer Leus du Plooy as ‘n oorsese speler, vir die res van Krieket Suid-Afrika se T20-uitdaagreeks. Die 30-jarige het vir die Knights, die Titans, Suid-Westelike Distrikte en Boland in Suid-Afrika gespeel voor hy sy loopbaan in Engeland voorgesit het. Hy het sedertdien Derbyshire en Middlesex in die Graafskapkampioenskap verteenwoordig. Du Plooy sluit aan by die Proteas-snelbouler Anrich Nortjé, wat verlede maand gekontrakteer is. Die Dolphins is tans derde plek op die huidige punteleer.