# Krieket: Dis eindstryd-dag met Virat Kohli se Royal Challengers Bengaluru en Punjab Kings wat mekaar in die Indiese Premierliga in Ahmedabad se Narendra Modi-stadion van 4-uur af pak. Die twee spanne het in die eerste kwalifiseringswedstryd kragte gemeet en RCB het Punjab maklik met agt paaltjies geklop. Die span onder leiding van Shreyas Iyer het egter sedertdien die vyfmalige kampioene Mumbai Indians in die tweede kwalifiseringswedstryd geklop om ‘n eindstryd teen RCB te verdien. Kohli het nog nooit die IPL gewen nie, maar hierdie keer is sy span die gunstelinge.
Krieket: Dis IPL-eindstryddag, en Kohli wil bittergraag daardie trofee verower