# Krieket: Die komende Wêreldbekertoernooi vir Vroue sal die eerste keer net vroue op die skeidsregterpaneel hê, met 14 skeidsregters en vier wedstryd-skeidsregters. Die groep sluit Claire Polosak, Jacqueline Williams en Sue Redfern in wat aan hulle derde Wêreldbekertoernooi deelneem. Die voorsitter van die Internasionale Krieketraad, Jay Shah, sê hierdie grondverskuiwende oomblik gaan oor sigbaarheid, geleenthede en die skep van betekenisvolle rolmodelle. Die 13de weergawe van die toernooi begin die 30ste in Indië en Sri Lanka.
Krieket: Die Vroue-Wêreldbeker sal die eerste keer net vroue op die skeidsregterpaneel hê