Skip to content

Krieket: Die Proteas-manspan en Pakistan pak mekaar vir eerste eendagwedstryd in Faisalabad

# Krieket: Die Proteas-Mans en Pakistan pak mekaar vandag in die eerste eendagwedstryd in Faisalabad. Matthew Breetzke voer die span aan in die afwesigheid van Aiden Markram, wat ‘n ruskans kry voor die toer na Indië. Pakistan het die T20-reeks Saterdag met 2-1 in die laaste wedstryd in Lahore beklink. Die toetsreeks wat die toer begin het, het een elk gelykop geëindig. Die Proteas-hoofafrigter Shukri Conrad sê hy is teleurgesteld in die T20-nederlaag, maar is tevrede met die vertoning van sommige van die spelers.