Skip to content

Krieket: Die IKR het ‘n nuwe uitvoerende hoof, Sanjog Gupta

# Krieket: Sanjog Gupta van Indië is as die sewende uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad aangestel. Hy volg die Australiër Geoff Allardice op, wat in Januarie bedank het. Die IKR het in Maart met ‘n internasionale werwingsproses begin om die perfekte kandidaat te vind, en het meer as twee-duisend-500 aansoeke uit 25 lande ontvang. Gupta sê dis ‘n voorreg om die kans te kry, veral terwyl krieket gereed is vir ongekende groei, onder meer sy insluiting op die Olimpiese Spele in Los Angeles in 2028.