# Krieket: Die gewilde Twee-miljoen-rand-vangskoot keer terug in die vierde seisoen van die SA20, wat op 26 Desember begin. Toeskouers in die pawiljoen wat die bal met een hand vang, deel prysgeld van twee-miljoen-rand aan die einde van die toernooi, terwyl deelnemers wat die borg, Betway, se Catch Game-speel, hulle prysgeld verdriedubbel. Kommissaris Graeme Smith sê die kompetisie het ‘n integrale deel van die pawiljoen-ondervinding geword en is ‘n gunsteling onder toeskouers by die 34 wedstryde. Die eindstryd word op 25 Januarie gespeel.
Krieket: Die gewilde Twee-miljoen-rand-vangskoot keer terug in Seisoen 4 van die SA20