Skip to content

Krieket: Coetzee kan eerste toets in twee jaar speel nadat hy beseerde Nortjé vervang

# Krieket: Die snelbouler Gerald Coetzee mag dalk sy eerste toets in twee jaar vir Suid-Afrika speel in die derde en beslissende wedstryd teen Australië wat vandag in Kaapstad begin. Hy vervang die mede-snelbouler Anrich Nortjé, wat tydens die tweede wedstryd in Gqeberha ‘n liesbesering opgedoen. Die wedstryd in Gqeberha is deur die Proteas met ‘n beurt en 31 lopies gewen om die reeks gelyk te maak. Die Suid-Afrikaanse kaptein, Temba Bavuma, sê Coetzee, wat in November 2024 die laaste van sy vier toetswedstryde gespeel het, is die enigste verandering aan die span.