# Krieket: Die voormalige Engelse ster-bouler Stuart Broad sê Australië het die swakste span sedert 2010. Die woordestryd is aan die toeneem voor die reeks om die As. Broad het reageer op die voorspelling deur die gewese Australiese kolwer David Warner dat die besoekers die reeks van vyf toetse wat volgende maand begin, 4-0 gaan verloor. Engeland, wat nou aangevoer word deur die veelsydige Ben Stokes, het in die 2010/11-seisoen laas die As in Australië gewen. Broad was toe in die span wat 3-1 geseëvier het.
Krieket: Broad stook die As-vuur verder