# Krieket: Die Protea-vroue het ‘n reusetotaal van 292 vir drie aangeteken en gister die tweede eendagwedstryd teen Pakistan in Lahore met 26 lopies gewen. Tazmin Brits het oorheers met ‘n manjifieke 171 nie uit nie openingsvennootskap van 260 met kaptein Laura Wolvaardt. Reën het spel na 41 boulbeurte onderbreek met die Proteas op 238-0 en die wedstryd is verminder tot 46 boulbeurte met Brits op 133 en Wolvaardt op 93. Pakistan is vir 287 in 44 boulbeure en vier balle uitgeboul om die reeks van drie wedstryde met 2-0 te beklink. Die laaste wedstryd vind môre plaas.
Krieket: Brits se manjifieke openingsvennootskap beklink Pakistan-eendagreeks 2-0