Skip to content

Krieket: Bosch kry ‘n strafpunt nadat hy vir Dwarshuis wys waar die kleedkamer is

# Krieket: Die veelsydige Protea-speler Corbin Bosch het ‘n strafpunt gekry vir ‘n oortreding van die Internasionale Krieketraad se gedragskode tydens gister se tweede T20 teen Australië in Darwin. Hy het na die kleedkamer gewys nadat hy Ben Dwarshuis uitgehaal het. Die kode beskryf dit as optrede of ‘n gebaar wat ‘n aggressiewe reaksie van die kolwer kan uitlok. Bosch het die straf aanvaar, wat ‘n amptelike verhoor onnodig maak. Suid-Afrika het die wedstryd met 53 lopies gewen om die reeks gelykop te maak.