Skip to content

Krieket: Bosch en Hendricks dra by tot Proteas se oorwinning in eerste T20 teen Pakistan

# Krieket: Suid-Afrika het Pakistan met 55 lopies verslaan in die eerste T20 in Rawalpindi. Reeza Hendricks het 60 van 40 balle bygedra en die Proteas het 194 vir nege in hul 20 boulbeurte aangeteken. Corbin Bosch het daarna die beste boul-vertoning van sy loopbaan gelewer. Hy het vier paaltjies platgetrek en is deur George Linde ondersteun wat drie laat kantel het. Pakistan is uitgeboul vir 139. Die ander twee T20s vind Vrydag en Saterdag in Lahore plaas.