# Krieket: Die Australiese snelbouler Scott Boland sê hulle sal hulle nie laat afsit indien Engeland beledigend raak in die komende reeks om die As nie. Hy het reageer op die onlangse vurige toetsreeks tussen Engeland en Indië wat twee-elk gelykop geëindig het. Australië was in die verlede bekend as die konings van slegsêery, maar het dit die afgelope tyd ‘n bietjie gedemp. Boland sê hulle is gereed vir enigiets wat die besoekers na hulle kant toe gooi. Die eerste van die vyf toetse begin op 21 November in Perth.
Krieket: Boland sê Australië sal hom nie laat afsit deur Engelse beledigings in reeks om die As nie